Aanvalle op 11 September 2001

Aanvalle van 11 September 2001

Die aanvalle op 11 September 2001, afgekort as nege-elf of 9/11, was 'n reeks van vier tereuraanvalle wat die oggend van 11 September 2001 in die VSA gepleeg is. Vier groepe ekstremistiese terroriste, elk met 'n opgeleide vlieënier, het passasiersvliegtuie gekaap en dit direk in bekende bakens vasgevlieg. Hierdie teikens was die Pentagon en die Wêreldhandelsentrum se tweelingtorings in New York Stad. Die vierde vliegtuig het neergestort voordat dit sy beoogde teiken in Washington, D.C. kon bereik. Byna 3 000 mense sterf tydens die gebeure. Die meeste slagoffers was burgers van die Verenigde State, maar meer as 300 mense van ander lande, soos die Verenigde Koninkryk, Indië en Kanada het ook hiertydens omgekom. Na afloop van die gebeurtenis het die regering van die VSA gesê dat die aanvallers bande met die Al-Kaïda-terroristegroep het.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search